[p. 577]
Elisabeth Eybers
Gedicht
Flits
Wat altyd waar was word onontwykbaarder klaar:
dat ons inkrimp en dat begeerte vergeestelik en dat
die tyd sy gawes terugvorder en dat ‘n klad
van luisterloosheid oor die hede sprei
en alleen ons eerste herinneringe veilig bly,
dat die juk van gewoonte ons koppel, dat ons mekaar
wie weet by gebrek aan beter moes aanvaar.
En gedagtig aan die kille alternatief
mompel ek skielik waaragtig ek het horn lief.