Sondag van ‘n kind
My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,
hulle in die spruitjie skoongewas
en saam gaan eet op klawergras.
Later toe ons by ‘n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,
en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit ‘n boek.
Klip na klip word van die muur gerol
tot by ‘n lam met raapwit wol.
d.j. opperman