[p. 510]
Elisabeth Eybers
Eenling
Daardie toetsende ontmoeting dien geen doel
wat sinvol of agterna omskryfbaar lyk.
Voetjie vir voetjie en omsigtig voel
by na ‘n ligtende punt waarvan by vermoed
dáár sal miskien, soos op pad na Damaskus, blyk
wat hom hierheen gedryf het en hoe dit nou verder moet.
Sy stipte terugtuur op gister voorkom nie meer
geheimsinnige voorskynsels van ‘n volgende keer:
wederkerigheid is iets wat sy droomlewe voed.
[p. 511]
Daar is dae
Daar is dae so dor dat jy dink
hoe in godsnaam kan so iets bestaan,
elke sterfleng sou in sy verbeelding
alles doen om dit oor te slaan…
Maar niks wat eenmaal gekom het
is in staat om weer weg te gaan:
aanvaar daardie dae soos kinders
te onooglik vir enige baan
behalwe om tot die einde
hul stiefouers by te staan.